Huis van Wessex

Huis van Wessex
Die goue gevleuelde draak van Wessex.
Die goue gevleuelde draak van Wessex.
Land Koninkryk van Wessex
Koninkryk van Engeland
Titels Koning van Wessex
Koning van Engeland
Stigter Cerdic van Wessex
Gestig in 519
Laaste heerser Eduard die Belyer
of Edgar Adeling

Die Huis van Wessex, ook bekend as die Huis van Cerdic, verwys na ’n familie wat oor Wessex, ’n koninkryk in die suidweste van Engeland, regeer het. Die huis was aan die bewind van die 6de eeu tot met die vereniging van die koninkryke van Engeland.

In dié stadium het die huis die heersers van die hele Engeland geword – tot met Edmund Ironside in 1016. Dié periode van die Engelse monargie staan bekend as die Angel-Saksiese periode, hoewel hul bewind dikwels betwis is, veral deur die Deense koning Sven Vurkbaard wat die troon van 1013 tot 1014 opgeëis het tydens die bewind van Ethelred II.

Sven en sy nakomelinge het tot in 1042 regeer. Ná Hartaknoet was daar ’n kort tyd waarin die Angel-Saksers weer regeer het, tussen 1042 en 1066 onder Eduard die Belyer en Harold Godwinson.

Ná die Slag van Hastings, ’n deurslaggewende gebeurtenis in die geskiedenis van Engeland, het Willem die Veroweraar koning van Engeland geword. Pogings deur Edgar Adeling, ’n kleinseun van Edmund Ironside wat aanvanklik oorgesien is ten gunste van Harold, om die bewind terug te neem was onsuksesvol en Willem se afstammelinge het op die troon gebly. Edgar se niggie Matilda van Skotland het later met Willem se seun Hendrik I getrou en so die twee dinastieë verbind.

Die Huis van Wessex was die laaste inheemse dinastie wat oor Engeland regeer het. Hulle is opgevolg deur die Huis van Normandië (Normandies-Frans), Huis van Plantagenet (Frans), Huis van Tudor (Wallies), Huis van Stuart (Skots), Huis van Oranje (Nederlands), Huis van Hannover (Duits) en die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat in 1917 hernoem is tot die Huis van Windsor (Duits).

Die lys van Engelse konings begin tradisioneel in 829 met Egbert van Wessex.[1]

  1. Burke's Peerage & Gentry Geargiveer 28 Desember 2007 op Wayback Machine URL besoek op 7 September 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search